Ekstra wetenskap klasse in Afrikaans
Ekstra wetenskap hulp word vir graad 10 tot 12 leerders in al ons sentrums aangebied. Ons stelsel is volledig in Afrikaans beskikbaar want ons besef hoe belangrik dit is om onderrig in jou moedertaal te ontvang. Leerders kan dus kies of hulle die wetenskap program (en addisionele leesmateriaal) in Afrikaans of Engels wil gebruik. Master Science volg die Suid Afrikaanse wetenskap kurrikulum.
Ons stelsel gebruik interaktiewe rekenaarlesse, tutors, werksopdragte, en handboeke om die leerstof oor te dra. Die doel is om die korrekte manier van dink te kweek en ook om 'n merkbare verbetering in die leerders se wetenskappunte teweeg te bring. Ons wetenskap ekstra lesse en stelsel is uniek, nie net omdat dit rekenaargebaseerde wetenskap lesse het nie, maar ook omdat leerders persoonlike hulp van opgeleide wetenskap tutors ontvang.
Die wetenskap werksopdragte toets begrip en die vermoë om vrae korrek te beantwoord. Dit stel leerders ook bloot aan verskillende maniere waarop vrae in die eksamen gevra word. Die leerder se vordering kan ook so gemeet word, en die tutors kan bepaal of hy/sy gereed is om na die volgende afdeling te beweeg. Leerders sal nooit werk aanpak waarvoor hulle nog nie gereed is nie, en dus bly hulle gemotiveerd en sukkel nie om nuwe konsepte te snap nie.
Master Maths het tans meer as 140 sentrums reg oor die land en bied betroubare aanvullende onderrig met 'n professionele ondersteuningstruktuur. Meer as 45 jaar van ekstra wiskunde ondervinding het ons geleer wat die mees doeltreffende onderrig metodes is. In 2011 het ons Master Science by gevoeg. Gebruik die "Find a Centre" funksie en skakel gerus u naaste sentrum om meer uit te vind.
Master Maths was in 1976 gestig en ons het twee generasies van leerders al gehelp om in wiskunde te presteer. In 2011 het on Master Science by gevoeg.